Eerste Keer Hier?

Welkom by Lewende Woord Paarl!

Ons is bly jy het die pad na ons gemeente gevind. As jy vir die eerste keer hier is, wil ons jou gerusstel: jy is nie ’n vreemdeling nie jy is ’n vriend wat ons nog moet leer ken.

  • Hartlike ontvangs – Ons span is hier om jou tuis te laat voel.

  • Geesvervulde aanbidding – Lofprysing wat jou nader aan God bring.

  • Woordgefundeerde prediking – ’n Boodskap wat jou geloof versterk.

  • Gemeenskap – ’n Familie van gelowiges wat saam groei en mekaar ondersteun.

  • Kleredrag - Trek aan wat vir jou gemaklik en gepas voel — jy sal alles van jeans tot meer formeel sien.

Tye & Plek

Moet ek ’n lidmaat wees om te kom?
Nee. Almal is welkom.

Wat as ek niks van die Bybel weet nie?
Dit is doodreg. Die boodskap word so gedeel dat jy kan volg, of jy nou nuut is of al jare glo.

Hoe raak ek verder betrokke?
Begin deur Sondag te kom. As jy meer wil weet, praat ná die diens met ons vriendelike info-dame of Hartvangspan.
Jy kan ook die vorm hieronder invul en ons kontak jou deur die week. Ons sien uit daarna om jou beter te leer ken.

Tydens die oggenddiens kan die kinders gaan na:

Moederskamer: 0–3 jaar

Kinderkerk: 4 jaar tot Gr. 4

Pre-teens: Gr. 5 tot Gr. 7

Vra by die ingang waar om aan te meld — ons help jou graag die eerste keer.

Wat om te verwag

Kinders

na diens

Sondae: 09:30 & 18:00

Adres: 6 Mill St, Buitenverwagting, Paarl

Kom gerus 15 minute vroeg - dan is daar tyd om jou pad te vind, kinders aan te meld, rustige te sit, en vir jou 'n gratis cappuccino te kry.

gereelde vrae

Bly gerus vir koffie en ’n kuier. Dit is die maklikste manier om mense te ontmoet.

Verbind

Kontak

Skenk

072 723 8406

© 2026.Alle regte voorbehou.

Bank besonderhede:

FNB

Tjekrekening

63064841125

Takkode: 250655